Skakels - [ Tuisblad ]  [ Kennisgewing ] [ Korrespondensie ] [ Naamlys ] [ Kontak Inligting ] [ Argief ]
Korrespondensie

Inligting oor Houmoed en Bitterwater

Dr Erik Barnard van Bettysbaai in Suid-Afrika soek inligting oor die toentertydse skooltjies op Bitterwater (op die plaas Zania van Japie Enslin) en Houmoed in die Gobabis-omgewing. Sy pa, Hannes Barnard, het rondom 1930 op di twee plekke vir die Angola-kinders skool gehou en hy wil graag meer inligting daaroor bekom. Hy het reeds met mense soos oom E T Meyer kontak gemaak. Enigiemand wat hom met inligting in di verband behulpsaam kan wees, kan hom kontak by:

Posbus 14, Bettysbaai, 7141 of by die epos-adres: barnard-e@telkomsa.net


Louw du Plessis, Genealoog, Johannesburg

Mre Polla

Ek is n oud-Suidwester, Louw du Plessis, gebore 22/11/1945, n afstammeling van een van die leiers van die Tweede Trek en woonagtig in Linden, Johannesburg. Was 2003 by die fees gewees en beplan om 2008 weer te gaan.

Ek probeer die webwerfadres, maar kan nie inskakel nie. Ook die e-pos adres wat julle gegee het vir Marie van der Merwe, kom terug as onafgelewer?

Indien ek enige donasie wil maak, kan ek weer n tjek (ABSA) stuur en na wie se adres?

Indien jy weer n nuusbrief uitstuur, sal ek dit waardeer indien jy vir my n versoekie kan plaas. Ek soek na die direkte afstammelinge van die trekleier, Lourens Marthinus du Plessis, gebore 1840 en gedoop 1842 over die Grootrivier, en sy eggenote Gertruida MM Steenkamp, gebore 1843.

Ek is n lid van die Wes Gauteng Genealogiese Groep hier in Johannesburg en werk spesifiek op die Du Plessiss van Angola, maar meer op Louw du Plessis, die trekleier, en sy broers soos Philippus Lourens Andries du Plessis, gebore 1850, Aletta v/d Merwe en Jan Adriaan du Plessis, gebore 11/9/1848, gedoop 1849 en Christina Johanna Sophia Labuschagne, gebore 17/12/1851. Inligting wat ek het, kan altyd uitgeruil/gekontroleer word.

My kontakbesonderhede is as volg:

Epos adres: parexcel@iafrica.com
Tel: (011) 8883433
Faks: (011) 8881225

Alles van die beste.

Louw du Plessis

Skakels - [ Tuisblad ]  [ Kennisgewing ] [ Korrespondensie ] [ Naamlys ] [ Kontak Inligting ] [ Argief ]

Bladsye ontwerp deur Danie van der Merwe